Die Wette van Mendel is 'n stel reëls wat heelwat van genetika onderlê. Die monnik Gregor Mendel het verskillende variëteite van ertjies (Pisum sativum) gekruis. Met die kruising van die plant het Mendel opgelet wat die verskillende kenmerke was en elke kenmerk afsonderlik waargeneem. Hy reël die bestuiwing om geen foute te maak. Hy ondersoek by die kruising van die soort sewe eienskappe wat telkens op twee moontlike maniere kan voorkom (saadvorm, saadlob, kleur, saadhuidkleur, peulvorm, peulkleur, plaat van die peul en die stingel en die lengte van die stingel). By saadvorm ondersoek hy byvoorbeeld glad en gerimpled en by saadkleur, groen en geel, ens.
Hy sien toe dat na kruising van twee plante elke plant van die eerste generasie (F1) die eienskappe van een van die ouer plante het. 'n Mens noem die eienskap wat in die eerste generasie na vore kom dominant en die alternatiewe eienskap resessief. In die tweede generasie (F2) toon 75% van die plante die dominante kenmerke, terwyl 25% van die plante die resessiewe eienskappe het. Nou kan die resessiewe eienskappe suiwer gekweek word, waarby latere generasies geen veranderinge aan die eienskappe vertoon nie. As die plante met dominante eienskappe egter uit gekweek word sal een derde deel die dominante eienskappe hê, terwyl die wat oor is weer die selfde 3:1 verdeling tussen die dominante en resessiewe eienskappe sal hê as die F2 generasie (sien Vierkant van Punnett).
Mendel stel die volgende hipotese op: Verskeie pare kontrasterende eienskappe kom voor uit een faktor wat die alternatiewe vorm het. Elke plant het een paar van die faktore wat een bepaalde eienskap bepaal, een faktor van elke ouerplant. Die faktor wat Mendel hier noem word tans 'n geen genoem. Hiermee lê Mendel die basis vir die wette van erflikheid soos dit nou bekend staan. Hy word origens slegs as die ontdekker hiervan bekend toe sy wette deur andere ongeveer 1900 weer herontdek word.